

ADVERTISEMENT:

News Date: 10 March 2006
Landelike veiligheid is nie ‘n prioriteit by die Suid-Afrikaanse regering nie en die SAPD faal plattelandse gemeenskappe, sê die voorsitter van die TLU SA Noord, mnr. Dries Joubert. Hy het versoek dat dringende stappe gedoen word om algehele chaos en geweld op die platteland te voorkom.
Hy het gereageer op die jongste twee plaasaanvalle wat die afgelope naweek in die Noordstreek voorgekom het.
Naby Levubu is mnr. Willie Malan ernstig beseer nadat hy Vrydag barbaars aangeval is op sy plaas, waar sy vrou drie jaar gelede ook aangeval is. Die aanvallers is nooit aangekeer nie.
In die jongste aanval het mnr. Malan ernstige kopbeserings opgedoen. Vuurwapens, sy voertuig, selfoon en ‘n groot bedrag aan kontant is geroof. Vermoedelik was sy vrou weer die teiken van die aanval. Sy was hierdie keer gelukkig in Pretoria toe die aanval plaasgevind het.
Mnr. Malan is aangeval toe hy omstreeks 18:30 Vrydagaand by die plaashuis aangekom het. Hy het ‘n aansienlike bedrag geld by hom gehad wat hy deur die loop van die dag ingevorder het. Die twee aanvallers het vir hom langer as vier ure in die huis gewag, nadat hulle twee van die werknemers op die plaas oorval en aangehou het. Hulle het intussen sy vuurwapens en geldkluissleutels uit die vuurwapenkluis bekom en hom met die vuurwapens en ‘n piksteel gekonfronteer. Hy is met die piksteel aangeval en het ernstige kopbesering opgedoen.
Sy voertuig, wat in die voorval gesteel is, is intussen teruggevind, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Oor die aanval sê mnr. Malan dit het so vinnig gebeur dat hy nie kans gehad het om te sien hoe die mense lyk nie. Na die aanval moes hy sowat vyf kilometer ver hardloop om hulp te ontbied by die woning van mnr. Louw Venter. Hy het groot waardering vir die hulp van die plaaslike gemeenskap asook vir Danie Pita en Laas Fourie, ds. Petrus Kriel, dr. Casper Venter en lede van die Steunkring, tesame met lede van die SAPD wat vinnig op die toneel was. Hy is besonder dankbaar vir die ondersteuning van lede van sy gesin, sy eggenote en kinders. Hy sê verlede jaar is daar sewe keer by sy werkswinkel op die plaas ingebreek. Op die deur van die werkswinkel is ‘n boodskap aangetref wat lui: “We will be back.”
Een verdagte is in verband met die inbrake aangekeer en tot 18 maande tronkstraf gevonnis. “Hy was egter na vyf of ses maande uit op parool en is etlike weke later weer inhegtenis geneem nadat hier weer ingebreek is en die goedere by hom gevind is. Hierdie keer het hy na bewering ook ‘n vierjarige kind verkrag,” sê mnr. Malan.
In ‘n mediaverklaring wat deur die TLU SA Noord uitgereik is, sê die voorsitter, mnr. Dries Joubert, die feit dat die eerste aanvallers na drie jaar nog nie gevang is nie en die aanvallers na die jongste aanslag ook nog op vrye voet is, versterk die persepsie dat die SAPD die plattelandse gemeenskap faal en stuur die boodskap uit dat die SAPD nie instaat is om sulke kriminele te kan vang nie.
In nog ‘n barbaarse plaasaanval gedurende die naweek is mnr. en mev. Oosthuizen op ‘n plaas 15 kilometer buite Makopane ernstig beseer en getraumatiseer.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
