ADVERTISEMENT:

 

Botha het nie rassistiese uitlatings gemaak nie

 

News  Date: 10 March 2006

 

Riaan Botha (32), wat reeds ‘n 18-jaar vonnis uitdien op ‘n moordklag in die Kutama Sinhumule Maksimum Sekuriteitsgevangenis, het verlede week in die plaaslike landdroshof verskyn op ‘n klag van crimen injuria.

Volgens ‘n swart gevangene het Botha hom beledig met ‘n rassistiese uitlating. Botha is kort na die voorval verplaas na die Sonder Water gevangenis, aangesien dit nader aan sy familie was.

Die saak van crimen injuria het op 28 Februarie voorgekom. Die staat het verskeie swart gevangenes as getuies teen Botha geroep. Botha is egter onskuldig bevind op die klag, aangesien die getuies se getuienisse nie ooreengestem het nie. Die hof het verder ook beslis dat dit onmoontlik sou gewees het om regtig te bepaal of Botha skuldig was en dat die hof nie iemand skuldig kan bevind in gevalle waar baie twyfel aan ‘n saak verbonde is nie.

In Botha se verweer is daar aangevoer dat indien Botha dit werklik sou gewaag het om ‘n rassistiese uitlating te maak teenoor ‘n swart gevangene, hy binne 24 uur dood sou gewees het, aangesien die meerderheid van die tronk se gevangenes swart is.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines