ADVERTISEMENT:

 

Deon van Deventer.

Broers verbind met nog ‘n strooptog

 

News  Date: 23 January 2017

 

Die drie vermeende renosterstropers wat naby Louis Trichardt aangekeer is, het Maandag weer vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn.

Nicolas Barend van Deventer (51) en sy broer Gideon “Deon” Gerhardus van Deventer (48) het saam met Onward Muchagowa (41) verskyn op ‘n klag van die onwettige besit van ‘n renosterhoring. Die twee broers en Muchagowa is Vrydag, 6 Januarie, gearresteer nadat hulle na bewering ‘n afgesaagde renosterhoring in ‘n plastieksak ten tyde van ‘n polisiejaagtog op die Vivo-pad by hulle bakkie se venster uitgegooi het.

Volgens provinsiale polisiewoordvoerder brig. Motlafela Mojapelo word die moontlikheid ondersoek dat die horing afkomstig is van ‘n voorval waarin ‘n renosterkoei en haar kalf op ‘n wildplaas naby Lephalale doodgeskiet is en van hul horings gestroop is.

Intussen het die Zoutpansberger betroubaar verneem dat die Van Deventers moontlik ook verbind kan word met ‘n renoster wat in die Polokwane Wildreservaat doodgeskiet en gestroop is van sy horings gedurende die Kersseisoen verlede jaar.

Die drie mans was skugter tydens hulle hofverskyning en het hul gesigte weggesteek vir die kamera. Muchagowa het so ver gegaan as om die koerant te dreig met regsaksie as sy foto gepubliseer word.

Hulle saak is uitgestel tot en met 25 Januarie, waarna hulle na verwagting ‘n borgaansoek sal bring. Tot dan sal hulle in aanhouding bly.

 

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines