ADVERTISEMENT:

 

Nog beendere agter polisiestasie gevind

 

News  Date: 17 March 2006

 

Die hulp van ‘n forensiese ondersoekspan is Woensdag ingeroep om die oorsprong te bepaal van menslike beendere wat agter die SAPD op Musina se polisieselle gevind is.

Die skokvonds is gemaak deur kontrakteurs wat besig was met uitgrawings as deel van opgraderingswerk by die polisiestasie. Die owerhede is dadelik in kennis gestel.

Kapt. Mashudu Malelo van die polisie se provinsiale skakelafdeling in Thohoyandou het by navraag die gru-vonds bevestig en gesê die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geloods. Hy sê ‘n voorlopige ondersoek wys daarop dat die beendere reeds vir etlike jare begrawe is. Meer inligting sal egter eers bekend gemaak kan word na mate die forensiese ondersoek vorder.

Dit is nie die eerste keer dat menslike beendere agter die polisieselle op Musina gevind is nie. Op Woensdag, 17 Maart, 1993, is ‘n soortgelyke vonds gemaak onder soortgelyke omstandighede. Destyds is die beendere gevind deur ‘n span kontrakteurs wat besig was met die grawe van ‘n dreineringsloot. Die vonds het ‘n herrie ontketen veral onder swart inwoners van Musina wat aangevoer het dat die beendere behoort het aan mense wat deur polisie gedurende die apartheidsjare vermoor en daar begrawe is. Volgens inligting is daar destyds ‘n moorddossier geopen. In daardie stadium is daar bevind dat die beendere, die van ‘n volwassene, tussen een en vier jaar tevore begrawe was. Gedurende dié tydperk is daar egter na bewering slegs een persoon in die Musina-omgewing as vermis aangemeld en dit was ‘n kind.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines