

ADVERTISEMENT:

News Date: 17 March 2006
‘n Vertraging in die vroegtydige bestelling van noodsaaklike chemikalieë vir die watersuiweringsaanleg by die Albasinidam, het vandeesweek byna daartoe gelei dat die dorp in ‘n waternood gedompel is.
Noodmaatreëls moes verlede Dinsdag (7de) inderhaas getref word om ‘n dreigende watervoorsieningskrisis af te weer, nadat die chemikalieë wat gebruik word om die dorp se drinkwater by die aanleg te suiwer, opgeraak het. Gelukkig was daar egter ‘n klein hoeveelheid van die noodsaaklike chemikalieë, wat van ‘n vorige behandeling oorgebly het, by die aanleg beskikbaar en die watersuiweringsaanleg kon funksioneer totdat die laat bestelling van chemikalieë die volgende dag gearriveer het. As ‘n reël word daar nie ekstra chemikalieë by die watersuiweringsaanleg gestoor nie.
Sou geen chemikalieë beskikbaar wees vir die behandeling van die dorp se drinkwater by die aanleg nie, sou die aanleg definitief afgeskakel moes word, aangesien streng beheer toegepas word om toe te sien dat geen onbehandelde water in die sisteem beland nie. Die krisis is klaarblyklik veroorsaak deur ‘n raadsamptenaar wat gesloer het met die bestelling van die chemikalieë.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
