

ADVERTISEMENT:

News Date: 17 March 2006
Mnr. Frederick Johannes Fritz , beter bekend as Fred, is op Saterdagmiddag, 11 Maart, tragies oorlede in ‘n motorongeluk op die hoek van Jeppe- en Krugerstraat.
Twee van Fred en sy vrou, Ellen, se kinders was saam met hom in die voertuig toe die ongeluk plaasgevind het. Die kinders het die ongeluk, ‘n botsing tussen hulle en ‘n minibus-taxi, oorleef. Fred se afsterwe het as ‘n groot skok vir die familie gekom.
Die 48-jarige Fred was vir jare in die boubedryf en was tot met sy dood werksaam as voorman verwer by Struwig Bouers, waar sy vrou ook ontvangsdame is.
Ellen sê dat Fred vir sy gesin geleef het en altyd vol grappies was, alhoewel hy by die werk bekend was as ‘n streng man. Hy was baie lief vir musiek en visvang.
Fred is op 8 September, 1947, gebore en sou volgende jaar sy vyftigste verjaarsdag gevier het. Hy word op Vrydag om 12:00 begrawe deur pastoor Mike Dippenaar vanuit die Pinkster Protestante Kerk.
Wyle Fred laat sy vrou, drie kinders en een kleinkind agter. Al die kinders woon in die omgewing. Sy twee seuns, Freddie (getroud met Annette) en Charl, woon in die dorp en sy dogter, Rachel, wat getroud is met Marius de Jager, woon op Levubu.
Die familie bedank pastoor Dippenaar, John en Marietjie Struwig en al die familie en vriende vir hul bystand.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
