

ADVERTISEMENT:

News Date: 17 March 2006
Met al die welkome reën staan die Albasinidam reeds op meer as 50%.
Die Albasinidam se vlak het vanaf 6 Maart met 1.4% gestyg en die dam se kapasiteit in persentasiepunte is op 13 Maart gemeet as 50.58%. Die dam se vlak in meters het in dieselfde tydperk gestyg vanaf 14.21m na 14.40m. Volgens metings uitgegee deur die Departement Watersake en Bosbou, is daar net 1.8mm reën in die opvanggebied aangeteken vir die week voor 13 Maart. In die voorafgaande drie weke is daar altesaam 195mm reën aangeteken.
Die Tate Vondo-dam loop steeds oor, hoewel die vlak effens gedaal het vanaf 101.95 % op 6 Maart tot 101.37 % op 13 Maart.
Die Nandonidam het in dieselfde tydperk gestyg vanaf 58.54% na 60.98% na 34.1mm reën verlede week daar gemeet is.
Die Tshakhumadam het verlede week op 98.6% gestaan en het hierdie week begin oorloop.
Twee damme wat vir die afgelope twee weke oorloop, is die Luphephe- en Nwanedi damme. Hierdie twee damme het twee maande gelede nog op onderskeidelik 46% en 62% gestaan.
Die Nzheleledam het ‘n sterk invloei en staan nou op 89.21%, wat ‘n styging van meer as 6% die afgelope week toon. Daar is nie reën in die tydperk daar aangeteken nie.
In Louis Trichardt het die Makhado Munisipaliteit se reënmeter 6mm op 1 Maart getoon, 4.6mm op 3 Maart en 43mm op 11 Maart. Daarvolgens is die totale reënval vir Maart sover 53.6mm.
Molozi Trust se plaas Freya se maandelikse en jaarlikse reënvalverslag toon groot neerslae vir Februarie (308.5mm) en Januarie (342.5mm) vanjaar. In Desember verlede jaar is 387mm reën aangeteken, die hoogste vir Desember die afgelope sewe jaar. Molozi se reënvalverslae is van 1999 aangeteken. Januarie en Februarie se reënval saam (651mm) is die hoogste reënval vir die twee maande saam, buiten vir die vloede van 2000.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
