ADVERTISEMENT:

 

Een van die Van Deventer broers en Onward Muchagowa afgeneem kort
na hul arrestasie op 6 Januarie. Foto verskaf.

Regspan soek eers betaling voordat hulle Van Deventer broers se borgaansoek bring

 

News  Date: 04 February 2017

 

Die vermeende renosterstropers Deon van Deventer (48) en Niklaas van Deventer (51) het verlede week saam met Onward Muchagowa (41) weer in die hof verskyn.

Al drie het verlede Woensdag, 25 Januarie, in die Louis Trichardt Streekshof verskyn, sodat hulle ‘n borgaansoek kon bring. Hofverrigtinge is egter vertraag nadat die twee broers se regspan aangedui het dat hulle nie kon begin met die aansoek alvorens hulle nie betaal is nie. Daar is eers later in die dag ‘n datum gereël vir hulle borgaansoek, nadat geld oorbetaal is daarvoor.

Die Van Deventers sal weer op 13 en 14 Februarie in die hof verskyn, sodat die aansoek afgehandel kan word. Hulle staar klagte van die onwettige besit van ‘n renosterhoring en ander klagte van die onwettige jag van renosters in die gesig. Daar word vermoed dat die mans positief verbind kan word met twee afsonderlike gevalle waar renosters doodgeskiet en gestroop is van hulle horings.

Die drie is op 6 Januarie gearresteer nadat hulle na bewering ‘n afgesaagde renosterhoring in ‘n plastieksak ten tyde van ‘n polisiejaagtog op die Vivo-pad by hulle bakkie se venster uitgegooi het.

 

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines