

ADVERTISEMENT:

News Date: 24 March 2006
Die skielike heengaan van ‘n bekende inwoner, mnr. Willie Kern, op Sondagmiddag, 19 Maart, laat ‘n groot leemte in die gemeenskap.
Mnr. Willen Jacobus Kern, beter bekend as oom Willie, is gebore op 20 November, 1932, en is oorlede in die ouderdom van 73 jaar en 4 maande.
Oom Willie was ‘n bekende boer in die Maastroom-omgewing en het meer as twintig jaar in Louis Trichardt gewoon, waar hy eiendomme verkoop het en afgetree het.
Sy eggenote, mev. Jayne Kern, is baie dankbaar teenoor al die mense wat altyd gewillig was om oom Willie te help as hy in die straat moes in- of uitklim uit die motor. Oom Willie is tien jaar gelede met Parkinson se siekte gediagnoseer.
“Baie van die mense wat gehelp het, het ons nie eers geken nie,” sê mev. Kern.
Willie en Jayne is getroud op 30 Junie, 1951, en het reeds hulle goue bruilof saam herdenk. Vanjaar sou hulle 55 jaar getroud gewees het.
Wyle Willie is op Woensdag (22ste) om 14:00 begrawe vanuit die Hervormde Kerk. Hy laat sy vrou, drie kinders, Paul, Kerneels en Emayne, tien kleinkinders en twee agterkleinkinders agter.
“Ons sal hom onthou as ‘n wonderlike pa en oupa,” sê sy seun Kerneels en skoondogter, Ludi.
Buiten vir al die mense wat in die straat gehelp het, wil mev. Kern graag haar kinders en vriende bedank, asook die medici en almal in die gemeenskap wat op verskeie maniere ondersteuning verleen het met die siekte sowel as die dood.
“Dankie aan almal wat bereid was om die tweede myl saam te stap,” sê mev. Kern.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
