

ADVERTISEMENT:

News Date: 31 March 2006
‘n Studente steunsentrum blyk dalk die rustige alternatief te wees vir die immer besige staatskole. Daar is egter ook ouers met bekommernisse en onsekerhede te midde van die nuwe bestel van verskillende onderwyssisteme. Mev. Nicolette van Zyl, ouer van ‘n student by die steunsentrum vir Damelin College, het negatiewe beriggewing ter insae gehad en het begin vrae vra. “Het ek my kind uit die skool gehaal vir ‘n kollege wat nie geregistreer is nie? Gaan my kind daar ‘n matrieksertifikaat kry? Ek wil nie geld betaal as die kollege nie geregistreer is nie en hy nie ‘n sertifikaat gaan kry nie. Die registrasienommer wat die kollege my by navraag gegee het, is volgens mense by die onderwysraad ‘n onbekende nommer,” sê mev. Van Zyl. Mnr. Piet du Plessis, hoof van die Far North College, het op die vrae gereageer. “Ons is ‘n steunsentrum vir Damelin College. In plaas daarvan dat die student alleen op sy eie by Damelin College studeer, help ons hom of haar. Ons is een van baie wettige studente steunsentrums wat ‘n diens aan studente lewer.” Du Plessis het ‘n brief met ‘n Damelin briefhoof getoon waarin Damelin skryf dat die opleidingsentrum (Far North College) vir 2006 goedgekeur is, indien sekere inligting die besigheidshoof van die hoërskoolafdeling van Damelin nie later nie as 31 Maart vanjaar bereik. Dit is inligting rakende die aantal opleidingskamers en die aantal studente per graad. “Die terrein sal weer in April vanjaar geïnspekteer word vir die volle goedkeuring as ‘n studentesteunsentrum,” lui die brief. Wat die registrasie as ‘n eksamensentrum betref, het mnr. Du Plessis ‘n brief van mnr. PK Netshia van die Soutpansberg Oos Kringkantoor getoon wat lui dat “alle Damelin leerders registreer vir eksamens by die goedgekeurde privaatsentrums. Hulle hoef nie hulle eie eksamensentrums te hê nie”. Klaarblyklik is die enigste twee privaat eksamensetrums in die dorp Murunwa en Sweetwaters. Die akademiese-matriek studente is reeds vir die matriekeksamen geregistreer by Sweetwaters Christian School met eksamensentrumnommer 7343316. Die sakematriek studente skryf drie vakke in Junie en drie vakke in November. Du Plessis sê dat hulle by die onderwysdepartement skryf. “Hulle skryf deur ‘n FET kollege en diegene wat dit wil verifieer, kan mnr. Maumela by 072 900 0293 kontak.” Du Plessis sê dat die tegniese-matriekstudente nog nie geregistreer is nie, omdat hulle nie in April gaan eksamen skryf nie, aangesien hulle pas begin het. “Ons sal in Augustus N1 skryf en registrasie daarvoor open na April. Hulle sal in November Sake Afrikaans en Business English skryf, dan in April, 2007, N1 en in Augustus, 2007, N3. Hulle sal uitstap met beide ‘n senior sertifikaat en N3. Hulle registreer via Damelin,” sê Du Plessis.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
