ADVERTISEMENT:

 

Francois Labuschagne. 

Saak teen Labuschagne weer uitgestel

 

News  Date: 03 March 2017

 

Die 49-jarige Francois Martinus Labuschagne van Louis Trichardt het verlede Donderdag (23 Februarie) weer vlugtig in die handelsmisdaadhof in Bellville verskyn op klagte dat hy na bewering beleggers uit sowat R1 miljoen bedrieg het.

Labuschagne, ‘n voormalige finansiële adviseur van Sanlam, is op 15 Januarie in Louis Trichardt gearresteer deur lede van die plaaslike speurtak, in samewerking met die Wes-Kaapse Valke. Sy saak is oorgeplaas na die handelsmisdaadhof in Bellville, waar hy op 24 Januarie verskyn het. Tydens hierdie hofverskyning het Labuschagne aansoek gedoen om regshulp. Hy is vrygelaat op waarskuwing dat hy op 23 Februarie weer in die Bellville hof moet verskyn.

Labuschagne se saak is verlede week weer uitgestel, dié keer na Maandag, 27 Maart, sodat sy regshulp met hom kan konsulteer. Sy arrestasie volg na afhandeling van ‘n ses-jaar-lange ondersoek teen hom. Die ondersoek hou verband met sy werksaamhede as 'n Sanlam finansiële adviseur op Ceres tussen 2005 en 2010.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines