

ADVERTISEMENT:

News Date: 31 March 2006
Verskeie stoptekens by ‘n vierrigting-stopstraat op die gevaarlike kruising van Jeppe- en Andersonstraat in Makhado (Louis Trichardt) is die afgelope naweek deur vandale verwyder. Dié duur en lewensgevaarlike speletjies met verkeerstekens word oënskynlik deur sommiges ligtelik aanvaar as bloot onskuldige kwajongstreke en pret. Dit kan die skuldiges egter duur te staan kom. Die peuter aan en verwydering van sulke verkeerstekens is ‘n strafbare misdaad en kan ook ernstige en selfs noodlottige ongelukke tot gevolg hê. Die plaaslike munisipaliteit loof ‘n beloning van R500 uit aan enigiemand wat inligting kan verstrek wat sal lei tot die skuldigbevinding van iemand wat verkeerstekens, of enige ander munisipale eiendom, beskadig of verwyder. As die betrokkene skuldig bevind word op ‘n aanklag van opsetlike saakbeskadiging, kan so ‘n persoon tronkstraf van drie jaar opgelê word. As daar ‘n ongeluk plaasvind as gevolg van die verwydering van sulke padtekens, kan die mense wat die tekens verwyder het, ook siviel vervolg word. ‘n Hof kan ook beveel dat enige skade wat enigiemand ly as gevolg van die verwydering van sulke padtekens, boonop van die skuldiges verhaal kan word.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
