

ADVERTISEMENT:

Lede van die Makhado polisie by die liggaam van die man wat Dinsdag deur ‘n vragmotor op die N1 suid net buite Louis Trichardt doodgery is.
News Date: 03 March 2017
Die N1 net buite Louis Trichardt moes Dinsdag gesluit word ná ‘n ongeluk waarin ‘n man deur ‘n vragmotor doodgery is.
Volgens plaaslike polisiewoordvoerder konst. Irene Radzilani het die oorledene, ‘n onbekende man, in volle vaart uit die veld gestorm en oor die N1 probeer hardloop. Die man het hom egter misreken met die verkeer en het voor ‘n aankomende vragmotor, wat in ‘n noordelike rigting gery het, ingehardloop.
Die vragmotorbestuurder het hard remme aangeslaan om te probeer om die man te vermy. Ongelukkig het die man egter onder die vragmotor se wiele beland. Hy is erg in die ongeluk vergruis en is op die toneel dood.
Die ongeluk het by die Vondeling-afdraai plaasgevind en het verkeer op die N1 ernstig ontwrig. Verkeersvloei het eers die middag na normaal teruggekeer, nadat die polisie hul ondersoek kon afhandel en die man se liggaam verwyder.
Radzilani het teen druktyd Woensdag gesê dat die man se identiteit steeds onbekend was. Hy het geen identiteitsdokument by hom gehad nie, maar sy het hom in die omgewing van 25-jaar-oud geskat. Intussen, het Radzilani gesê, het die polisie ‘n saak van strafbare manslag geopen.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
