

ADVERTISEMENT:

News Date: 07 April 2006
Drie mense is dood en twee ernstig beseer in ‘n ongeluk reg van voor tussen twee swaar voertuie op die N1 digby die Ben Lavin afdraai-pad.
Die ongeluk het Dinsdag plaasgevind tussen ‘n swaar afleweringswa op pad na Makhado (Louis Trichardt) en ‘n swaar vragmotor en sleepwa wat na Polokwane (Pietersburg) onderweg was. Altwee die vragmotorbestuurders en een passasier is op die ongelukstoneel dood. Twee passasiers, ‘n man en ‘n vrou, is met ernstige beserings na die Louis Trichardt Gedenkhospitaal gebring.
Die 32-jarige bestuurder van die afleweringsvragmotor en ‘n 34-jarige manlike passasier is op slag dood. Die 58-jarige manlike vragmotorbestuurder van die vragwa onderweg na Polokwane, is na die botsing dood op die ongelukstoneel.
Die name van die oorledenes sal bekend gemaak word nadat hul naasbestaandes in kennis gestel is.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
