

ADVERTISEMENT:

News Date: 07 April 2006
Zaheer Asvat (25) wat op 19 Oktober, 2005, vir die besit van 4 gram dagga gearresteer is, het weer voor die Soutpansberg distrikshof verskyn.
Asvat is op 16 Maart tot ses maande gevangenisstraf gevonnis of ‘n boete van R1200. Die vonnis volg op verskeie vorige veroordelings op soortgelyke aanklagte vir die besit van afhanklikheidsvormende middels.
Zaheer se probleme het op 15 Desember verlede jaar vererger toe ‘n saak van aanranding teen hom geopen is.
Die hof het verskeie getuienisse aangehoor as strafversagting. Daar is getuig dat Asvat al ses keer ‘n dag bid en dat hy die dagga gebruik vir die behandeling van ‘n volwasse vorm van gebrekkige aandag hiperaktiwiteitsongesteldheid.
Die hof gaan op 15 Junie vanjaar ‘n aansoek bring dat Asvat se vorige opgeskorte vonnis van 12 maande gevangenisstraf in werking moet tree.

ADVERTISEMENT:
