ADVERTISEMENT:

 

Landbou gaan vanaf verenigde basis saamwerk

 

Die eise om landbou se winsgewendheid en volhoubaarheid in stand te hou, vereis dat landbou se saak deur ‘n sterk, verenigde stem bevorder sal word.

Aan die einde van 2016 het Agri Limpopo en TLU SA Noord ‘n gesamentlike strategiese beplanning ten opsigte van eenheid gehou. Albei die organisasies glo dat landbou ‘n groot rol te speel het om die platteland te stabiliseer. “Verbeterde welvaart vir die mense van Limpopo sal slegs ‘n droom bly as landbou, wat die basis van Limpopo se ekonomie is, nie in stand gehou en uitgebrei word nie. Om hierdie doelwitte te bereik, is besluit om hande te vat in Limpopo,” het die organisasies gesê.

Die Limpopo Landbou Forum (LLF) is toe vir hierdie doel gestig. TLU SA Noord en Agri Limpopo sal steeds as onafhanklike organisasies bly funksioneer, maar op sekere strategiese gebiede gesamentlik optree in belang van landbou. Veiligheid, grondsake, skakeling met munisipaliteite, arbeid, water en ander sake is geïdentifiseer vir hierdie samewerking. “Gedeelde visie en doelwitte is tans noodsaakliker as gedeelde struktuur. Op grondvlak werk landbouers lank reeds oplossings uit vir vraagstukke, ongeag affiliasie. Vergaderings word oor en weer bygewoon. Die stigting van die forum is ‘n uitvloeisel van ‘n natuurlike proses wat reeds oor tyd sy beloop gehad het,” het die LLF in ‘n verklaring gesê.

Die besture van Agri Limpopo en TLU SA Noord het die vertroue uitgespreek dat die LLF landbou in die provinsie tot nuwe hoogtes sal laat ontwikkel en gesê dat landbouers grootliks sal baat by die samevoeging van goeie verhoudings wat albei organisasies reeds met provinsiale en munisipale regerings het. Die gesamentlike aksies sal stukrag gee aan beleidsbeïnvloeding met die oog op groter beleidsekerheid in die sektor.

Vir meer inligting oor die LLF, skakel Drickus Botha (streeksbestuurder TLU SA Noord) by 082 774 9287 of Willem van Jaarsveld (hoof uitvoerende beampte van Agri Limpopo) by 082 451 7913. 

 

 

News - Date: 18 March 2017

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: