ADVERTISEMENT:

 

Die Makhado munisipale stortingsterrein buite Louis Trichardt is nie gesluit nie, maar sal wel aan die einde van Maart permanent gesluit word.

Stortingsterrein nog nie gesluit

 

Makhado munisipale woordvoerder mnr. Louis Bobodi het inwoners Dinsdag die versekering gegee dat die Vondeling munisipale stortingsterrein buite Louis Trichardt nie gesluit is nie.

Dit was in antwoord op ‘n navraag oor waarom inwoners die afgelope week meegedeel is dat hulle nie meer vullis daar mag stort nie, aangesien die terrein gesluit is. “Nee, die stortingsterrein is nog nie gesluit nie, alhoewel dit wel op 31 Maart permanent gesluit sal word,” het Bobodi gesê. As rede vir die sluiting van die terrein het Bobodi gesê die bestaande terrein het maksimum kapasiteit bereik.

Deel van die verwarring of die stortingsterrein oop of toe is, kan dalk verband hou met ‘n omsendbrief wat verlede week aan gebruikers van die stortingsterrein deur die Makhado Munisipaliteit uitgestuur is.

In die brief word gebruikers daarvan in kennis gestel dat die terrein einde van die maand sluit en dat persone vanaf 1 April die munisipaliteit se nuwe stortingsterrein wes van Tshikota (op die munisipale vliegveldpad na die ou kommando skietbaan) moet gebruik.

As deel van die verskuiwing na die nuwe terrein maak die omsendbrief ook melding van ‘n nuwe tariefstelsel wat by die nuwe terrein geïmplementeer sal word. ‘n Tarief van R27,50 per vrag sal voortaan gehef word op alle voertuie met ‘n 1-ton laaikapasiteit, terwyl ‘n tarief van R85,80 per vrag vir voertuie met meer as ‘n 1-ton laaikapasiteit gehef sal word. Bourommel en skoon grond sal gratis by die terrein gestort kan word, terwyl inwoners van Makhado geregtig is op een gratis vrag vullis wat hulle per maand by die nuwe terrein mag aflaai.

News - Date: 18 March 2017

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: