

ADVERTISEMENT:

News Date: 07 April 2006
Drie vermeende koperdraaddiewe, wat vermoedelik betrokke was by die grootskaalse ontwrigting van telekommunikasie in die omgewing van Musina, Waterpoort en Alldays, is op Giyani aangekeer.
Talle huurders in die betrokke area is getref deur die diefstal van Telkomkabels ter waarde van meer as R300 000. Dié huurders is afhanklik van hul Telkomverbindings omdat groot gedeeltes van die area nie sellulêre ontvangs geniet nie. Die diefstal het plaasgevind tussen 16 Februarie en 7 Maart.
Die drie is aangekeer nadat inligting wat op Musina ontvang is, deur die polisie opgevolg is. Die moontlikheid word ondersoek dat hulle dalk ook betrokke was by koperdraaddiefstal in die Namakgale-polisiegebied asok in die Vhembe-distrik in die omgewing van Mara.
‘n Wakker polisieman, betrokke by die insameling van misdaadintelligensie, het ‘n wenk van ‘n lid van die plaaslik gemeenskap opgevolg en die vermeende misdadigers se spoor gevolg tot in Phalaborwa, vanwaar hul bewegings vir ‘n geruime tyd goed dopgehou is voordat die polisie op Giyani en op Mopani geaktiveer is. Hulle het die verdagtes by Giyani voorgekeer, terwyl hulle onderweg was na Malemulele. Hulle is in hegtenis geneem en aangehou by verskeie polisiestasises in die Mopani-gebied.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
