

ADVERTISEMENT:

Wyle oom Hennie van Zyl (68). Foto verskaf.
News Date: 31 March 2017
Oom Hennie van Zyl van Louis Trichardt is Sondagaand, 19 Maart, na ‘n kort siekbed by sy huis oorlede. Sy dood het vir die familie as groot skok gekom.
“Hy het my lewe vol gemaak en was ‘n goeie pa vir sy kinders gewees,” het ‘n steeds hartseer eggenote, tannie Valerie, Maandag gesê. Oom Hennie het vir bykans twee jaar geworstel met emfiseem. “Hy het die afgelope twee weke baie swaar gekry en was permanent op suurstof gewees,” het tannie Valerie gesê. Die familie het hom vanuit die hospitaal huis toe geskuif, nadat hulle vir oom Hennie ‘n suurstofmasjien gekoop het.
Baie sal oom Hennie onthou as ‘n eerlike en hardwerkende mens. Hy was vir die afgelope 17 jaar werksaam by DMP Civils. Oom Hennie was baie trots en netjies op sy werk. “Tog wou hy nooit hê mense moes ‘n ophef van sy werk maak nie. Dit is net hoe hy was,” het tannie Valerie gesê.
As gesinsman het oom Hennie vir sy kinders gelewe. “Hy is weg waar hy wou wees. By sy familie in sy eie bed by die huis. Die Here het sy engel kom haal,” het tannie Valerie gesê.
‘n Roudiens vir wyle oom Hennie is verlede Woensdag, 22 Maart, vanuit die Volle Evangelie Kerk in Louis Trichardt gehou. Die diens is waargeneem deur past. Stephan Pieterse.
Oom Hennie word oorleef deur tannie Valerie, kinders Andries, Nicolette en Shirley, kleinkinders Donovan, Brandon, Corné, Jeandre en skoonseun Neels, broers Gerrie en Fanie en suster Suzy.
Die familie het hul dank uitgespreek teenoor alle vriende en familie vir hulle ondersteuning en vertroosting in hierdie moeilike tyd. Hulle het ‘n spesiale woord van dank gerig aan Daan Pretorius (DMP Civils), broers Gerrie en Fanie, Rampie Gilfillan en pastoor Pieterse.
“Rus sag my man, vader en oupa,” het die familie gesê.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
