

ADVERTISEMENT:

News Date: 14 April 2006
Mnr. Dries Joubert, voorsitter van die TLU SA Noord, het sy innige meegevoel betuig met die familie en vriende van wyle mnr. Ben Fisser.
Joubert het gesê mnr. Fisser woon al jare lank op Louis Trichardt. Hy het Ben in 1969 leer ken en was vir dekades lank ‘n alombekende sakeman op die dorp waar hy aanvanklik ‘n foto-ateljee begin het en vandaar die noemnaam Ben Prentjies.
Joubert sê hy hoop dat die moordenaar spoedig deur die SAPD in hegtenis geneem sal word. Hy is van mening Louis Trichardt is nou regtig ‘n moorddorp waar moord met sieldodende reëlmaat gepleeg word.
Die standpunt dat mense se veiligheid nie meer gedelegeer kan word nie, is weer deur Joubert geopper. Mense wat in dorpe woon, sê hy, is net so kwesbaar as die wat op plase woonagtig is. Joubert sê voordat die SAPD nie minder ernstige misdaad in die kiem smoor nie, moord, verkragting en roof nie sal verminder nie.
“Oor en oor is bewys dat dié wat moord pleeg ‘n hele reeks vorige misdade gepleeg het – en daarmee weggekom het,” sê Joubert.
Joubert het die gemeenskap van Louis Trichardt uitgenooi om die TLU SA Noord te skakel indien hulle besluit om weer ‘n buurtwagstelsel op die been te bring. TLU SA Noord kan die gemeenskap bystaan met opleiding en om die buurtwagstelsel effektief in werking te stel. Vir meer inligting kan die streekkantoor geskakel word by tel. (015) 297 3749.
“Mnr. Fisser sal gemis word. Sy afsterwe laat ‘n leemte in die gemeenskap wat moeilik gevul sal word,” sê Joubert.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
