ADVERTISEMENT:

 

Generic image

Saak weer uitgestel teen voormalige Sanlam-man

 

News  Date: 03 April 2017

 

Die saak teen die 49-jarige Francois Martinus Labuschagne van Louis Trichardt, ‘n voormalige finansiële adviseur van Sanlam, is Maandag, 27 Maart, weer uitgestel.

Die uitstel kom nadat Labuschagne weer nie opgedaag het vir sy verskyning in die handelsmisdaadhof in Bellville nie. “Ek is nie seker of hy ‘n reëling met die hof getref het om nie te verskyn nie,” het die woordvoerder van die Wes-Kaapse Valke, kapt. Lloyd Ramovha, Woensdagoggend aan die Zoutpansberger gesê. Hy het genoem dat hy eers Donderdag by die aanklaer sou kon uitvind waarom die saak uitgestel is en waarom Labuschagne nie by die hof was nie.

Die saak teen Labuschagne hou verband met klagte dat hy na bewering tussen 2005 en 2010 beleggers uit sowat R1 miljoen bedrieg het, terwyl hy as Sanlam adviseur op Ceres gewerk het. Hy is op 15 Januarie in Louis Trichardt gearresteer deur lede van die plaaslike speurtak, in samewerking met die Wes-Kaapse Valke. Sy arrestasie volg na afhandeling van ‘n ses-jaar-lange ondersoek teen hom.

Ná arrestasie is Labuschagne se saak oorgeplaas na die handelsmisdaadhof in Bellville, waar hy op 24 Januarie verskyn het. Tydens hierdie hofverskyning het Labuschagne aansoek gedoen om regshulp. Hy is vrygelaat op waarskuwing dat hy op 23 Februarie weer in die Bellville hof moet verskyn.

Op 23 Februarie is Labuschagne se saak uitgestel na 27 Maart, nadat hy nie by die hof opgedaag het nie. Ramovha het gesê dat Labuschagne se saak Maandag uitgestel is tot 8 Mei. “Ons het ‘n sterk saak teen Labuschagne het,” Ramovha gesê.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines