ADVERTISEMENT:

 

Die Blou Bulle mag dalk bietjie sukkel in die Super Rugby-reeks, maar hulle "kaskar-span" het hulle staal gewys deur aangewys te word as een van die spanne wat die meeste rondtes voltooi het tydens Laerskool Louis Trichardt se jaarlikse kaskardag.

Kaskardag sorg weer vir baie pret

 

News  Date: 07 April 2017

 

Alle Triegies weet dit is nou vakansietyd, want by Laerskool Louis Trichardt word daar op die laaste dag van die eerste skoolkwartaal kaskarresies gehou.

Die kaskardag is ‘n jaarlikse instelling by die skool en ook een van hulle grootste fondsinsamelingsprojekte. Verlede jaar het die skool net meer as R250 000 hierdeur geïn.

Verlede Vrydag, 31 Maart, was die perfekte dag gewees vir ‘n kaskarresies, en hierdie jaar is daar rondtewenners aangewys in elke Graad. Hierdie wenners was vanjaar die Graad 1Y-, Graad 2Y-, Graad 3Z-, Graad 4X-, Graad 6X- en Graad 7Z-klas. Die Graad 6’e het die gesogte prys ontvang as die groep wat die meeste rondtes om die baan gehardloop het.

Die kleurvolle Graad 3A’s, met hul tema Colour Fest, is as die spannetjie aangewys wat die meeste gees gehad het.

Die kleurvolle Graad 3A’s het die trofee ontvang vir die junior span met die meeste gees, terwyl die Graad 7X’e die beker ontvang vir die senior span met die meeste gees. Die Graad 3A’s was ook algeheel die span met die meeste gees.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines