

ADVERTISEMENT:

News Date: 21 April 2006
Verskeie inwoners wat deur die astrante inbreker in die omgewing van Krogh-, Burger- en Krugerstraat geteister word, is deur die polisie genader om ‘n identikit van die persoon saam te stel.
Een van die inwoners, mnr. Daan Nel van Northern Furnishers, het die inbreker beskryf as ‘n swartman met ligte gelaatstrekke met ‘n oop geskeerde gesig en kort geskeerde hare. Verder was hy netjies geklee met goeie skoene aan. Mnr. Nel het op 8 Januarie vanjaar die inbreker in sy huis betrap. Hy was ongewapen. Hy het vir die inbreker in Venda, Afrikaans en Engels gesê om nie weer terug te kom nie anders sal hy hom skiet. Daarna het mnr. Nel R25 000 spandeer vir beter diefwering en ‘n alarmstelsel om sy sekuriteit op te knap.
“Mens word ‘n gevangene in jou eie huis. Alles moet toegesluit word,” het mnr. Nel gesê.
Mnr. Hein Swanepoel van Stubbsstraat se moeder het die inbreker ook gesien en hom beskryf as ‘n netjies-geklede, jongerige swart persoon.
Dr. Dirk Jacobs, oud-geneesheer, wat verlede week die gewapende inbreker met ‘n mes afgeweer het, het die inbreker beskryf as ‘n jong swartman met skoon gelaatstrekke, ‘n netjiese voorkoms en kort hare.
Mev. Rita Swart wat op 5 April deurgeloop het, het die inbreker as ‘n swartman met ‘n effens ligterige velkleur, middelmatig bou, baie netjies en met kort hare beskryf. Ná die inbraak by mev. Swart het die polisie gesê dat die beskrywing ooreenstem met die van ‘n inbreker wat al ‘n geruime tyd in die sentrale woongebied op die dorp aktief is.
Alhoewel hierdie inbreker al sedert November verlede jaar bedrywig is, is daar, sover vasgestel kon word, nog geen verdagte aangekeer nie. Talle neem die polisie kwalik dat hulle, te midde van die ooreenstemmende beskrywing van talle slagoffers, eers gewag het tot na die skietdood van mnr. Ben Fisser om werk te maak met die samestelling van ‘n identikit van die verdagte(s).
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
