

ADVERTISEMENT:

News Date: 21 April 2006
Dr Philip Venter van Soutpansberg Sektorpolisiëring het na aanleiding van die vlaag ernstige geweldsmisdaad wat die dorp tans in sy greep het inwoners vermaan om kalm te bly.
“Waarom sal hulle vredeliewende mense skiet? Dit is te wys dat hulle enige iemand kan skiet en om paniek te saai. Hulle wil ons oorreed dat niemand meer veilig is nie. Dit is presies wat hulle wil hê, daarom moet inwoners nie toelaat dat die misdadigers se skrikbewind hulle ontsenu nie. Mense moet onder geen omstandighede net wild en wakker begin skiet nie – dink mooi voordat jy die sneller trek,” sê Venter.
Te midde van sy beroep tot kalmte is Venter van mening dat die booswig(te) nie klaar geskiet het nie. In dieselfde asem sê hy dat inwoners meer verantwoordelikheid sal moet neem vir hul eie veiligheid.
“Kry maar sekuriteitsdeure. As die honde buite blaf, moenie sommer net uitstorm nie en moenie deur jou gordyne uitkyk na buite nie. As jy een het, hou maar ‘n vuurwapen naby, maar moenie dit sommer net laat rondlê nie, soos om dit in die aand op die bedkassie langs jou te sit nie. Hang dik gordyne op – dun gordyne laat misdadigers toe om silhoeëtte te volg. Belangrik, skuif jou bed weg vanaf ‘n venster en hou deure en venster altyd gesluit en op knip. Dit is ook goed om in ‘n goeie alarmstelsel te belê,” sê Venter. Hy voeg by dat meeste mense se paraatheid veel te wense oorlaat en dat hulle dit definitief sal moet opskerp.
Venter het persone uitgenooi om hom te skakel indien hulle meer inligting wil bekom oor persoonlike veiligheid. Hy kan geskakel word by tel. 083 444 7672.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
