ADVERTISEMENT:

 

Hansie Maandag begrawe

 

News  Date: 27 August 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – As alles volgens plan verloop, sal die begrafnis van Hansie Oosthuizen, wat op 15 Augustus in die Teemsrivier in London verdrink het, op Maandag, 30 Augustus om 11:00 plaasvind.

Wyle Hansie (22) sal vanuit die Afrikaanse Protestante Kerk (APK) in Louis Trichardt begrawe word. Sy liggaam is Dinsdag (17de) in nette gevind waar die Teemsrivier in die Noordsee invloei.

Volgens mnr. Jan Brink van AVBOB is die proses om die liggaam uit Brittanje te kry, langsaam, ingewikkeld en baie duur. Die tussentydse doodsertifikaat is uiteindelik uitgereik en die Londense begrafnisondernemer verwag om die liggaam voor die naweek te kry. Teen druktyd was die vlug na Suid-Afrika nog nie bespreek nie, maar mnr. Brink het gesê dat hy bereid is om Sondagnag lughawe toe te ry, sou dit nodig wees.

Hansie word onthou as ‘n spontane persoon wat ander na hom toe aangetrek het met sy liefdevolle geaardheid. Daar is reeds ‘n roudiens in London gehou. Vriende van Hansie het al in die dorp gearriveer vir die begrafnisdiens.

Intussen is die Hansie Oosthuizen Hulpfonds gestig met rekening nommer 62 0700 33388. Dit is ‘n spaarrekening by Eerste Nasionale Bank.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines