ADVERTISEMENT:

 

"Is dit wat ons vir ons kinders wil hê?"

 

News  Date: 28 April 2006

 

Kinders slaap by hul ouers in die kamer. ‘n Gemeenskap gaan gebuk onder spanning en vrees. “Is dit wat ons vir kinders wil hê?” is ‘n vraag wat telkens deurgeslaan het tydens verlede week se massavergadering teen geweldsmisdaad.

Dr. Philip Venter het by wyse van hand opsteek ‘n opname gemaak onder die bykans 700 mense wat die vergadering op Donderdag (20ste) bygewoon het. Die grootste deel van die vergadering het aangedui dat hulle eerstehandse ondervinding het van die huidige vlaag van misdaad.

Van die slagoffers het van hul persoonlike ervarings vertel.

Mnr. Hennie Coetzee, die buurman wat op die vermoorde Ben Fisser afgekom het, het daarna alarmstelsels, veiligheidshekke en diefwering geïnstalleer, “maar elke aand is ons bang ons is die volgende. Die kinders slaap by ons. Is dit hoe ons wil lewe?” het mnr. Coetzee gesê. “Ons moet vir booswigte wys ons gaan saamstaan en ‘n einde aan hulle skrikbewind maak.”

Dr.Venter het gesê dat mense hom in die nag bel en sê hulle is te bang om te slaap.

Kapelaan André Louw het gesê dat dieselfde nag wat Fisser geskiet is, hy ‘n inbreker in sy huis aangetref het. Hy sê dat hy paraat was en persoon kon geskiet het, maar dat hy daarteen besluit het, omdat die inbreker nie beweeg het nie. “Maar dis nie hoe ek my verantwoordelikheid as pa wil aanvaar om vir my kinders sekuriteit te gee nie. Ons mans is die priesters van die huis, ja, ons moet bid, maar ons moet ook sekuriteit bied,” het kapl. Louw gesê.

Kapl. Louw het ‘n praktiese konsepvoorstel voorgelê. Hy het gesê dat die dorp genoeg mense het vir beveiliging: oud-kommandolede, oud-reserviste en oud-polisiemanne en vrywilligers. “Ons het ook die middele; tussen ons almal het on ‘n ongelooflike klomp middele, soos karre, selfone, wapens en sekuriteitsmaatskappye.”

Die uiteinde van die vergadering was dat ‘n gemeenskap besluit het om verantwoordelikheid vir hul veiligheid te neem, sodat kinders saans rustig en onbevrees kan slaap.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines