

ADVERTISEMENT:

News Date: 27 August 2004
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Donny Pennells van die Louis Trichardt Stoeiklub het as kadet ‘n brons medalje by die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskappe verower.
Die Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskappe vir kadette, seniors, meesters en dames het op 15 Augustus op Ermelo plaasgevind. Nege provinsies en Namibië het deelgeneem. Donny het derde geëindig in die O/17-ouderdomsgroep onder 85kg. Die kadetafdeling is vir O/17-stoeiers, waarna die juniorafdeling (O/20), seniors (bo 20) en meesters (bo 40) volg. Die jeugafdeling is vir O/5- tot O/15-stoeiers.
Na verlede naweek het Donny nog verder rede om trots te wees, nadat hy met die Springbok, Willem Schutte, afgereken het en ‘n goue medalje verwerf het by die Mogol Ope op Ellisras. Hierdie is een van die voorbereidende toernooie wat uiteindelik lei tot die Suid-Afrikaanse Jeug en Junior Stoeikampioenskappe op 2 Oktober in Pretoria.
Donny, ‘n Graad 10-leerder van Hoërskool Louis Trichardt, het in Graad 3 ernstig begin stoei. Hy skryf sy sukses by die SA’s toe aan die feit dat hy hierdie jaar hard geoefen het, fikser was en aan omtrent 10 of 11 kompetisies deelgeneem het.
Buiten stoei, wat hom vier dae van die week besig hou, is Donny ook lief vir gholf en rugby. Stoei is ook ‘n sportsoort wat goed inskakel by rugby, aangesien dit die boliggaam sterk en fiks maak.
In 1999 het Donny as 12-jarige aan sy eerste Suid-Afrikaanse toernooi deelgeneem.
“Daar het hulle vir hom gerol,” sê Donny se pa, Gavin. “Nou, vier jaar later, het hy ‘n medalje gewen en ons is baie trots op hom.” Gavin het ook sy waardering uitgespreek vir die opoffering wat die afrigters, mnre. Dirk Coetzee en Jan Kunneke, altyd maak.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
