ADVERTISEMENT:

 

Soutpansberg Dorpswag sien amptelik die lig

 

News  Date: 28 April 2006

 

Die Soutpansberg Dorpswag het amptelik die lig gesien op Dinsdag, 25 April. Die patrollies begin alreeds ry en ‘n plan van aksie is in plek. Die stigting van die Soutpansberg Dorpswag het plaasgevind tydens ‘n vergadering van die komitee wat op die massavergadering van verlede week verkies is.

Die dorpswag sal hand aan hand loop met die Sektor Misdaadforum. “Saam sal ons ‘n verskil maak,” sê Jana Smith van die Sektor Misdaadforum wat steeds gereeld vergader.

Die sektore waarin die reeds dorp verdeel het, word gebruik.

* Sektor 1 - Makhado Park, Eltivillas en die Nuwe Uitbreiding.

* Sektor 2 - SBD en noord van Rissikstraat tot by Skuldbult.

* Sektor 3 - Onder Rissikstraat, die Industriële gebied en Tshikota.

* Sektor 4 - Vleifontein, Munzhedzi en Maila.

* Sektor 5 - Matshavhawe/Khunda, Maelula en die plaasareas.

Van die sektore is reeds in meer blokke ingedeel met blokbestuurders. Die nuwe uitbreiding is in sewe blokke ingedeel met blokbestuurders, mnre. Nemvhadu, Riki du Preez, Neels Viviers, ZC Pretorius, Chris Breytenbach, Peet Visser, Sakkie Maritz, Tommie van Rensburg, Johan Dippenaar, Bertus Petzer, Leon Koen en Dirk Coetzee (jnr).

Sektor 2 is in vyf blokke opgedeel met blokbestuurders Iain Purdon, Theuns Coetzee, Gert van Zyl, ds. Willem Boshoff, Hennie Coetzee, Essie Esterhuizen, Lucy Tshelo, dr. Johan van Rensburg, Charl Haasbroek, Kobus Ehlers, Johan Nagel en Willie van Staden.

Sektor 3 is in drie blokke verdeel en hulle blokbestuurders is Joos Combrinck, Dave du Preez, Johan Pretorius, JC Pretorius en Joe van Staden.

Makhado Park, Eltivillas en Tshikota het reeds 'n struktuur.

Die Soutpansberg Dorpswag se bestuur is verkies en bestaan uit dr. Philip Venter (voorsitter), ds. Willem Boshoff (ondervoorsitter), Francois Jordaan (sekretaris), ZC Pretorius (tesourier) en addisionele lede Essie Esterhuizen, Peet Visser, Hennie Coetzee en dr. Johan van Rensburg.

Daar is reeds ‘n bestaande rekening vir bydraes tot die opspoor van oortreders, die rekening waaruit die spoedige oplos van die Hayward moordsaak gefinansier is. Hierdie rekening word die Soutpansberg Afrikaanse Sakekamer Gemeenskapsfonds genoem. Die rekening is by Standard Bank en die rekeningnommer is 3301 62039. Dit is die fonds waaruit privaat opspoorders betaal word om die polisie behulpsaam te wees met die opspoor van die misdadigers wat tans die dorp teister, en vordering is goed.

Die tweede gemeenskapsfonds is pas gestig as ‘n hulpfonds vir misdaadslagoffers vir mediese en ander hulp. Daar word ‘n ernstige beroep gedoen op die publiek om tot hierdie fondse by te dra aangesien 'n mens nooit weet wanneer jyself hiervan gebruik sal moet maak nie. Die nuwe fonds se besonderhede is die Soutpansbergse Sakekamer Hulpfonds, Standard Bank, takkode 2549, rekeningnommer 0304 44500.

Die derde fonds wat hierdie week gestig gaan word, is die fonds waaruit die dorpswag se benodigdhede dringend betaal moet word. Dit is ‘n fonds wat gestig word ter wille van inwoners se veiligheid. Besonderhede van hierdie fonds sal volgende week beskikbaar wees.

Die sukses van hierdie aksie hang af van die gemeenskap se volgehoue betrokkenheid en 'n beroep word gedoen vir die gemeenskap se ondersteuning.

Indien mense meer inligting verlang of betrokke wil raak by die patrollie diensbeurte, kan hulle dr. Venter skakel by 083 444 7672 of Francois Jordaan by 073 153 9648.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines