ADVERTISEMENT:

 

Polisie kom in die spervuur

 

News  Date: 28 April 2006

 

Ongelukkigheid oor die effektiwiteit van die polisie is herhaaldelik geopper tydens die massavergadering teen geweldsmisdaad verlede week.

Daar is gesê dat daar lede van die polisie is wat onbekwaam en onbevoeg is en nie daar moet wees nie en wat net daar is om hulself te verryk, alhoewel ‘n groot deel van die polisiemag respek waardig is.

Statistieke is genoem wat aangedui het dat een uit 31 Suid-Afrikaners tussen 1994 en 2004 aan ‘n skietwond beswyk het. Indien die tendens volhou, sal die ratio oor 8 jaar een uit elke vyftien wees.

Een spreker het aangevoer dat Louis Trichardt ‘n blanke polisiebevelvoerder moet kry, terwyl ander weer gesê het dat die ras nie saak maak nie, solank die bevelvoerder net sy werk ken.

Die steunkring van Bluegumspoort het goeie samewerking van die plaaslike polisie ondervind. “Na die moord op Clint en Michele Hayward in ons omgewing, is ons posisie van wanhoop omskep in hoop. Die steunkring is deur die TLU gehelp met organisasie, ons het radio's gekry, die polisie was baie behulpsaam en die Voorsittersvereniging het ook gesprekke met die Stadsraad gehad, wat ons ook gehelp het,” het mnr. André Naudé gesê.

Een spreker het gesê dat die SAPS die probleem moet oplos, maar dat hulle die probleem is. “Die gemeenskap moet hulle polisiestasie terugvat (get back your police station),” het ‘n spreker gesê.

‘n Ander spreker het statistieke aangehaal om te toon dat daar te min polisiemaglede is. Volgens die statistieke is daar net een polisieman vir elke 650 inwoners in die provinsie is en dan is administratiewe personeel van die stasie bygetel.

Daar is gesê dat die regering nie sy primêre verantwoordelikheid om na die veiligheid van sy burgers om te sien, nakom nie. Daar is beklemtoon dat die gemeenskap sy eie veiligheid ter harte moet neem. "U kan nie u veiligheid oorgee of delegeer nie". Daar is gesê dat geen polisieman so vinnig by die misdaadtoneel kan opdaag as die buurman nie. Daarom moet elkeen opleiding ondergaan.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines