ADVERTISEMENT:

 

Wyle Joke Jandrell (56).

Joke sterf na kort siekbed

 

News  Date: 27 August 2004

 

MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Mev. Joke Jandrell is op Saterdag, 21 Augustus, skielik oorlede.

Joke (56) is dood aan trombose deur die hart, nadat sy die vorige dag in die Soutpansberg Medikliniek opgeneem is. Sy is ook ongeveer ‘n maand gelede met kanker gediagnoseer, nadat sy die afgelope paar maande nie gesond was nie.

Joke, wat op 17 Julie 1948 gebore is, laat haar man, Alex, en 15-jarige seun, Joshua, agter. Alex is ‘n aartappelkonsultant en bekende golfspeler in die dorp. Joke was betrokke by die besighede, LT Signs en LT Distributors, wat sy vanuit haar huis bedryf het. Alex en Joke het mekaar in Pretoria ontmoet en is daar getroud, maar hulle is al sedert 1982 in Louis Trichardt woonagtig.

Die gesin en kerkfamilie, vir wie Joke ‘n gemeentemoeder was, is hartseer oor die verlies, maar is ook bly omdat sy nou ewig by die Here is. Almal wat haar geken het, getuig dat sy Jesus met haar hele hart geglo, gevolg en gedien het.

“Ons sal altyd haar opregte eerlikheid en openhartige liefde mis, as vrou, moeder, vriendin en gemeentemoeder was en is sy steeds vir ons ‘n inspirasie en voorbeeld. Dankie Here dat U haar vir ‘n tyd so magtig in ons lewens gebruik het,” sê die familie, kerkfamilie en vriende. Joke was altyd deel van die aanbiddingspan.

Pastoor Andries van Heerden, wat baie nou verbonde aan die Jandrells is, sê dat, hoewel dit altyd traumaties en hartseer is wanneer iemand aan die dood afgestaan word, christene egter ‘n ewige hoop het.

“Volgens die Woord is die dood deur onse Here Jesus Christus oorwin, daarom treur ons nie soos mense wat nie hoop het nie. Ons sal met mekaar in die ewigheid hierna wees,” sê Van Heerden.

Joke is Woensdag om 11:00 begrawe vanuit die Emmanuel Christelike Kerk. Die diens is waargeneem deur past. Van Heerden.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines