ADVERTISEMENT:

 

Kort op die hake van ‘n vorige koperdraaddiefstal wat die dorp se broodnodige munisipale boorgatstelsel lamgelê het, het koperdraaddiewe weer die stelsel geteiken en verdere skade aangerig.

Kopperdraaddiewe bly kopseer vir Raad

 

News  Date: 05 May 2006

 

Die volgehoue diefstal van koperdraad veroorsaak tans ‘n groot finansiële kopseer vir die Makhado Munisipaliteit.

Kort op die hake van ‘n vorige koperdraaddiefstal wat die dorp se broodnodige munisipale boorgatstelsel lamgelê het, het koperdraaddiewe weer toegeslaan.

Lede van die nuutgestigte Soutpansberg Dorpswag het verlede Donderdag ‘n groep koperdraaddiewe betrap waar hulle weer koperdraad gesteel het vanaf dieselfde boorgatstelsel agter die rioolsuiweringsaanleg.

Die booswigte het alles net so gelos en weggehardloop. Lede van die TLU se steunkringgroep, wat die dorpswaglede behulpsaam was met patrollies, het die booswigte agternagesit, maar kon hulle nie aankeer nie.

Verskeie items is deur die diewe agtergelaat. Dit het ingesluit ‘n mes, saag, flits, horlosie, graaf en ‘n oorpak. Daar is gepoog om vingerafdrukke te kry op die items, maar dit was onsuksesvol weens die weersomstandighede.

Volgens mnr. Fritz Ahrens van die steunkringgroep, was die polisie baie vinnig op die toneel. Dit, sê hy, was vir hulle ‘n bewys dat die polisie nou ernstig is om misdaad vas te vat. Ahrens het sy waardering teenoor die polisie uitgespreek en gesê dat dit, uit ‘n gemeenskapsoogpunt gesien, baie goed is.

Die diewe het baie skade by die pompstasie aangerig. Die transformator en verskeie kragkabels is erg beskadig. Ondergrondse kabels was reeds oopgegrawe, afgesaag en uitgehaal. Dit is onduidelik wat die skade sal beloop. Die vorige voorval se skade het reeds sowat R1 miljoen beloop.

Na die tweede voorval het die Raad se Direkteur: Tegniese Dienste, mnr. Masindi Mapholi, gesê die Raad het Dinsdag vergader om te kyk na moontlike oplossings vir die probleem. Hy sê dat dit selfs oorweeg word om die kabels met sement te omring of om na ‘n alternatiewe manier van kragvoorsiening te kyk.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines