ADVERTISEMENT:

 

Pieter Pretorius en sy vrou, Dee, afgeneem 'n paar weke gelede nadat hulle aangekondig het dat die besigheid sy deure gaan sluit.

Pieter Pretorius van Kirstens sterf

 

Die 68-jarige Pieter Pretorius is Sondagoggend vroeg in George oorlede. Pieter en sy vrou, Dee, het vir bykans 20 jaar een van Louis Trichardt se oudste ondernemings, Kirsten Drukkers en Boekwinkel, bedryf.

In April vanjaar het die Zoutpansberger berig van Pieter se siekte en ook dat dit gelei het tot die besluit om die besigheid se deure te sluit. Pieter se gesondheid het vinnig agteruitgegaan en nierversaking is gediagnoseer. Sy toestand het so verswak dat hy Sondag, 23 April, per vliegtuig Kaap toe gevlieg moes word vir mediese behandeling.

Hy het by sy dogter in George tuisgegaan, sodat hy dialise-behandeling by die nabygeleë staatshospitaal kon kry. Sowat twee weke gelede is leukemie egter ook gediagnoseer.

Pieter Pretorius is in 1948 in Kokstad gebore. Hy was die jongste seun van Jan en Elling Pretorius. Sy vader was verbonde aan die spoorweë en was in daardie stadium op Franklin gestasioneer. Omdat daar nie ‘n hospitaal op die dorp was nie, is die bevalling in Kokstad gedoen.

Sy vader is baie verplaas en Pieter, sy ouer broer Tienie en twee jonger susters, Maryna en Massie, het die land goed leer ken. Hulle het selfs in ‘n stadium in die destydse Suidwes-Afrika (Namibië) gewoon.

Pieter het homself in 1971 as drukker bekwaam. In 1981 het hy sy eie drukkersbesigheid in Musina begin. Agtien jaar later het hy die bekende Kirstens Drukkery in Louis Trichardt oorgekoop en die gesin het na die groter dorp verhuis.

Kirstens Drukkers is een van die oudste besighede op die dorp en is in September 1958 deur oorlede oom Dick Kirsten begin op die perseel in Munnikstraat waar Louis Trichardt Electrical vandag is. Oom Dick en sy vrou, tannie Esther, het saam die drukkery en boekwinkel bestuur, tot en met oom Dick se dood in 1997.

‘n Gedenkdiens word eerskomende Vrydag (26ste) by die NG Kerk Moedergemeente gehou. Die diens begin om 10:00.

News - Date: 23 May 2017

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

Email:

ADVERTISEMENT: