

ADVERTISEMENT:

Katryn Knoesen. Foto verskaf.
News Date: 01 June 2017
‘n Vrou van Louis Trichardt het verlede week skuld erken dat sy duisende rande gesteel het by Hoërskool Louis Trichardt.
Kathrina Irene Knoesen (46) het verlede Donderdag in die Louis Trichardt Landdroshof verskyn op ‘n klag van diefstal. Sy het verlede jaar kontant by die skool verduister, waarvoor sy nie rekenskap kon gee nie. Knoesen was in die tyd werksaam in die skool se administratiewe en finansiële kantoor.
Die totale bedrag wat Knoesen onregmatig gevat het, beloop R43 600. Nadat die skool daarvan bewus geword het dat die geld vermis is, het hulle op 2 November 2016 ‘n saak van diefstal by die Makhado Polisie geopen teen Knoesen. Sy het verlede week ‘n alternatiewe dispuutresolusie aangegaan met die Staat waarin sy ooreengekom het om die geld terug te betaal. Die hof het haar resolusie aanvaar, waarin Knoesen belowe het om die geld in paaiemente van R1 500 terug te betaal.
Sou Knoesen nie by haar resolusie hou nie, kan sy weer krimineel vervolg word.
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
