

ADVERTISEMENT:

News Date: 26 May 2006
Die voormalige Munisipale bestuurder van die Makhado Munisipaliteit, Reuben Rambado, het verlede week hier in die plaaslike landdroshof verskyn op ‘n klag van diefstal.
Tydens Rambado se eerste verskyning in die hof op Maandag (15de) is die saak voorlopig teruggetrek. Dit het intussen aan die lig gekom dat die Staat van plan is om voort te gaan om Rambado te vervolg en hy is gedagvaar om op 30 Mei weer in die hof te verskyn. Die klag teen hom hou verband met die beweerde diefstal van sowat R70 000 se bakstene.

ADVERTISEMENT:
