ADVERTISEMENT:

 

Gewapende rowers teiken patoloë

 

News  Date: 26 May 2006

 

Twee personeellede van Du Buisson’s in Krugerstraat is Maandag (22ste) by die praktyk met ‘n vuurwapen aangehou.

Twee mans, wat hulle as kliënte voorgedoen het, het navraag by die patoloë gedoen oor bloedtoetse. Hulle het ‘n afspraak gemaak en weer uitgeloop, maar oomblikke later omgedraai en navraag gedoen oor die betaling vir die afspraak.

‘n Personeellid het die mans meegedeel dat hulle tydens hul afspraak moet betaal. Skielik het een van die mans het ‘n vuurwapen uitgeruk en geld van die personeellid geëis. Die rumoer wat deur die aanvaller opgeskop is, het die aandag getrek van ‘n tweede personeellid wat dadelik ‘n paniekknoppie gaan druk het. Een van die verdagtes het die personeellid egter gewaar en agter haar aangehardloop. Sy het naby die paniekknoppie bly staan, waarna die gewapende man haar om die nek gegryp het.

Volgens die personeellid was die gewapende man daarna onseker oor wat om te doen. Beide aanvallers het na die veiligheidsdeur toe gehardloop en die personeel beveel om oop te sluit. Hulle het toe op die vlug geslaan.

Die polisie en lede van Scorpion Patrol was kort na die voorval op die toneel. Die personeel het vertel dat beide mans goed geklee was, terwyl een ongeveer 20 jaar oud is. Verder is genoem dat die besigheid nou besluit het om ‘n sekuriteitswag aan te stel om hul veiligheid te verseker. Dit is egter vir die personeel ‘n groot verligting dat niemand in die voorval beseer is, of dat enigiets toe gesteel is nie.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines