ADVERTISEMENT:

 

Ritha Haywood en dogter Elsitha (11). Inlas: Wyle mnr. Willem Haywood.

Haywood het nie batterysuur gedrink nie

 

News  Date: 02 June 2006

 

‘n Nadoodse ondersoek het Vrydag (26ste) aan die lig gebring dat mnr. Willem Haywood nie batterysuur gedrink het nie.

Mnr. Haywood is verlede Dinsdag deur vriende op sy kleinhoewe te hulp gesnel nadat hy hulp ontbied het. Met hul aankoms het hy gesukkel om te praat. ‘n Leë bottel batterysuur is gevind en die vermoede het bestaan dat hy dit kon gedrink het. Mnr. Haywood is vroeg Woensdagoggend (24ste) in die ambulans oorlede onderweg Polokwane toe.

‘n Spesiale nadoodse ondersoek by Elim Hospitaal het Vrydag bevestig dat mnr. Haywood inderdaad eers ‘n beroerteaanval gehad het, wat verduidelik waarom hy gesukkel het om te praat. Die beroerte is gevolg deur ‘n hartaanval terwyl hy in die ambulans was, wat sy dood veroorsaak het.

“Mense raak heeltemal rigting kwyt met stories as enigiets gebeur. Dit is hoe dit vir ons gevoel het,” het eggenoot mev. Ritha Haywood Dinsdag opgemerk. Ten spyte van die stories is sy dankbaar vir die ondersteuning wat sy uit die gemeenskap ontvang het. Sy het ook haar dank uitgespreek teenoor past. Johan van Rensburg van die AGS-gemeente vir sy ondersteuning en reëlings, Suster Van den Berg en die personeel van die Louis Trichardt Gedenkhospitaal, Jan Brink van Avbob, asook teenoor Narina Kunneke wat haar amper daagliks bygestaan het.

“Die laaste nege maande saam met hom was baie kosbaar,” sê Ritha.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines