ADVERTISEMENT:

 

Joanelle Pretorius, Graad 10 leerder van Hoërskool Louis Trichardt, is aangewys as een van die pryswenners van Suid-Afrika se Top-Entrepreneurswedstryd van 2006.

Joanelle 'n wenner in nasionale entrepreneurskompetisie

 

News  Date: 02 June 2006

 

Joanelle Pretorius, ‘n Graad 10 leerder van Hoërskool Louis Trichardt, is aangewys as een van die pryswenners van Suid-Afrika se Top-Entrepreneurswedstryd van 2006.

Die wedstryd word aangebied en geborg deur dr. Hannes Dreyer, ‘n bekende entrepreneur en beleggingsmentor, Rapport, die Groter Johannesburgse Sakekamer en die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL). Die doel van die projek is om entrepreneurskap onder jongmense in Suid-Afrika te bevorder.

Joanelle is een van die ses wenners wat kontant van R 5 000 en gratis toegang tot Dreyer se mentorkursus wen. Die algehele wenner in die afdeling vir skoliere is Marlene Roodt van Hoërskool Ermelo.

Joanelle (16) het die vier ondernemings wat sy bedryf ingeskryf onder die naam Jo-Pret Beleggings. Sy moes onder andere haar onderneming se besigheidsplan, bankstate en foto’s van haar projekte instuur.

Die eerste besigheid wat Joanelle al vir die vierde jaar bedryf, is haar plaaswinkel.

“Ek het in 2003, toe ek in Graad 7, was ‘n R1 000 geleen by my pa. Nou het ek al een kas produkte wat ek verkoop en een kas waarin ek produkte stoor,” vertel Joanelle. Haar kliënte is die plaaswerkers op hul plaas sowat 10km uit op die Sinthumulepad. Sy doen haar aankope in oorleg met haar kliënte.

Nog ‘n besigheid van Joanelle is Joan’s Cash Loans. “Dit het begin deurdat die werkers altyd vir my pa gevra het om vir hulle geld te leen. Dan het hy hulle geantwoord ‘Ek is te arm, vra die nonnetjie.’”

Hierdie energieke entrepreneur het ook ‘n hoenderbesigheid, Jo-an’s Chickens. Joanelle het begin met 200 dagoud kuikens en het nou al 1200 hoenders aangekoop. Sy verkoop hulle verkieslik net na vyf weke. Haar vierde besigheid noem sy Bosveldbokke. Met haar prysgeld wat sy verlede jaar by die Soutpansberg Sakekamer se Entrepeneurskompetisie gewen het , het sy vir haar ‘n goeie ram aangeskaf vir haar ooie. Met haar wengeld van die SA kompetisie wil sy graag nog ’n paar bokke aankoop. Hierdie is haar langtermyn besigheid waarmee sy beoog om haar studies te finansier.

Joanelle bedank graag haar pa en ma, Awie en Petro Pretorius, mev. Antjie Badenhorst en Anell Schalkwyk.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines