

ADVERTISEMENT:

News Date: 02 June 2006
‘n Bekende in plaaslike boerderygeledere, mnr. Freddie Pauer van die plaas Vleifontein in die Waterpoort-distrik, is Vrydag, 26 Mei, na ‘n kort siekbed in die Unitas Hospitaal in Pretoria aan kanker oorlede.
Die 70-jarige mnr. Pauer was tot kort voor sy dood nog baie aktief. Hy het vroeër vanjaar ‘n hartomleiding ondergaan. Hy word oorleef deur sy vrou, Marthie, en drie seuns, Junior, Francois en Jaco. Marthie en Jaco sal aangaan met die boerdery.
Wyle mnr. Pauer word Vrydag, 2 Junie, om 11:00 vanuit die N. G. Kerk Louis Trichardt-gemeente begrawe.
Marthie, haar seuns en hul gesinne het hul dank uitgespreek teenoor die hele gemeenskap vir hul wonderlike ondersteuning, gebede, oproepe en bemoediging.
“Ons berus dit is die Here se wil om ons maat, vriend en vader te neem en lyding te spaar.”

ADVERTISEMENT:
