ADVERTISEMENT:

 

Leandri Muller het die rol vertolk van Lara die waternimf. 

Toneelstuk vertel "not so nice storie"

 

Hoërskool Louis Trichardt se nuwe verhoogstuk, Van Collerspas Is Stil Vanaand, vra die moeilike vrae, of soos die stuk se skrywer Marcel van Niekerk daarna verwys - die not so nice storie.

“Vanjaar moes ons as toneelgroep uitdagende keuses maak. Ons het ‘n risiko geneem, een wat met ure se harde werk deurdink en getoets is,” het Marcel gesê. Dinsdagaand was die première van die stuk wat opgevoer is by die Hoërskool Louis Trichardt.

Oudergewoonte raak Marcel ‘n sosiale onderwerp op so ‘n manier aan dat dit die gehoor forseer om ná die tyd daaroor te herkou. “Partymaal moet iemand anders vra, vertel, speel en sê wat niemand anders bereid is om te doen nie,” sê Marcel.

Die toneelstuk spreek nie net onwettige aborsies aan nie, maar ook tienerseks en –swangerskap. Albei die hoofkarakters,  Lisa (rol vertolk deur Danika Malan) en Brummer (rol vertolk deur Xander Venter), worstel ewe skielik met grootmensvrae waarvoor hulle hopeloos onvoorbereid is. Elkeen het sy eie bagasie wat hulle saamdra en hulle toekomsbesluite vorm, insluitend die van hulle ongebore baba Lara (rol vertolk deur Leandri Muller).

Marcel gee toe dat die onderwerp dalk kontroversieel mag wees, veral omdat die rolle vertolk word deur tieners. “Die moontlike kontroversie is dat ek, ‘n pastoor, ‘n teks geskryf het en die regie behartig het van ‘n omstrede toneelstuk wat kragwoorde met fisiese beweging gebruik om sekere suggestie te insinueer. Verder het ek ook ses tieners rolle laat vertolk wat in seker mate teenstrydig is met hul persoonlike waardesisteem,” het Marcel gesê.

Daar is egter baie feite in die teks ingeweef. Soos byvoorbeeld, sê Marcel, dat 55% van aborsies in onwettige klinieke plaasvind. Volgens hom is dit verder ook ‘n realiteit dat daar vandag onderwysers is wie kondome uitdeel aan ‘n rugbyspan op toer en daar hoërskoolseuns is wie werklik ‘n tippex streep agter op hulle das trek vir elke meisie by wie hulle geslaap het. Daar is ook meisies wat hulle swangerskap wegsteek uit vrees vir stigmatisering. “Ons vra dat mense leer om te luister, want partymaal is later te laat,” sê Marcel.

Ná afloop van die plaaslike première sal die groep op 4 Augustus optree by die Tshwane Toneelfees.

News - Date: 21 July 2017

Recent Articles

Search for a story:

 

Danika Malan (regs) en Xander Venter het vanjaar die hoofrolle vertolk in Hoërskool Louis Trichardt se nuwe toneelstuk wat stof tot na denke gee aan die gehoor.

Danika Malan (links) en Xander Venter het vanjaar die hoofrolle vertolk in Hoërskool Louis Trichardt se nuwe toneelstuk wat stof tot na denke gee aan die gehoor.

Die hoofkarakters in Van Collerspas is Stil Vanaand is, van links na regs, Danika Malan (rol van Lisa), Leandri Muller (Lara) en Xander Venter (Brummer).

Leandri Muller het die rol vertolk van Lara die waternimf. 

 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: