

ADVERTISEMENT:

News Date: 09 June 2006
Groot geheimsinnigheid heers oor die skietdood van ‘n beweerde verbode immigrant in die polisieselle op Makhado (Louis Trichardt) die afgelope naweek.
Weens die feit dat die voorval en ondersoek kort na die skietvoorval deur die OKD (Onafhanklike Klagte Direktoraat) oorgeneem is, is inligting oor die omstandighede wat gelei het tot die man se dood maar min. Die OKD is ‘n statutêre liggaam wat deur die regering aangestel is om die optrede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens te monitor en klagtes te ondersoek.
Volgens beskikbare inligting is die man in die selle doodgeskiet met ‘n vuurwapen waarvan die oorsprong onbekend is. Dit is onduidelik hoe die vuurwapen in die selle kon beland het. Dit is ook nie duidelik of die oorledene een van die vermoedelik 424 verbode immigrante was wat tydens die polisie se Operasie Weerligstraal einde verlede week hier aangekeer is nie.

ADVERTISEMENT:
