ADVERTISEMENT:

 

Diefstalsaak teen voormalige Munisipale Bestuurder uitgestel

 

News  Date: 09 June 2006

 

Die voormalige Munisipale Bestuurder van die Makhado Munisipaliteit, Reuben Rambado, het op 31 Mei in die landdroshof op Makhado (Louis Trichardt) verskyn op ‘n klag van diefstal.

Tydens Rambado se eerste verskyning in die hof op Maandag (15de) is die saak voorlopig teen hom teruggetrek. Intussen het die Staat besluit om voort te gaan om Rambado te vervolg en hy is gedagvaar om verlede Woensdag weer in die hof te verskyn. Tydens dié verskyning is Rambado se saak uitgestel na 30 Junie om aan hom kans te gee om regsverteenwoordiging te kry. Die klag teen hom hou verband met die beweerde diefstal van sowat R70 000 se bakstene.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines