ADVERTISEMENT:

 

Wyle Dirk Nel (65).

Een van media se steunpilare sterf in ongeluk

 

News  Date: 09 June 2006

 

Dirk Nel, ‘n man wat beskryf is as een van die steunpilare in die mediawêreld en rolmodel vir jong joernaliste, is verlede Donderdag (1ste) op slag dood na ‘n trompop botsing op die Polokwane/Modjadjiskloofpad.

Die 65-jarige Nel was onderweg na Giyani toe die ongeluk omstreeks 08:00 plaasgevind het.

Nel, wat op gereelde basis vryskutwerk gedoen het vir die Zoutpansberger en Limpopo Mirror koerante en ander provinsiale en nasionale mediagroepe, word deur baie bestempel as een van die vaders van gemeenskapsjoernalistiek. Sy skielik dood kom as ‘n groot skok en terugslag vir die bedryf en sy afsterwe laat reeds ‘n groot leemte.

“Dirk was in my oë een van die laaste jintelmanne in die bedryf. Ons sal beslis sy onbaatsugtige bydraes mis,” sê Andries van Zyl, nuusredakteur van die Zoutpansberger.

As joernalis het Nel diep spore getrap en was hy gerespekteer ook deur mense buite die bedryf.

“Die landbou het ‘n groot vriend verloor. Goeie joernaliste word nie oornag opgelei nie. Dirk se vaardigheid, bekwaamheid en kennis sal erg gemis word.” Dit was mnr. Dries Joubert, voorsitter van die TLU SA Noord, se reaksie op die nuus van Nel se dood.

“Die DA wil graag ons simpatie betuig teenoor die familie en vriende van Dirk Nel. Hy was ‘n gerespekteerde, pryswenner joernalis in ‘n klas van sy eie. Sy beriggewing was altyd gebalanseerd en sinvol. Die mediabedryf in die Limpopo Provinsie sal sy afsterwe voel,” aldus die provinsiale leier van die DA, mnr. Mike Holford.

‘n Roudiens is Woensdag vir Nel gehou vanuit die Presbiteriaanse Kerk in Polokwane gehou. Hy word oorleef deur se eggenoot, Eleanor, seuns Glen (29) en Trevor (19), en dogter Ronda (26).

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines