

ADVERTISEMENT:

News Date: 09 June 2006
Die gemeenskap treur dié week saam met die Olivier-gesin met die nuus van die skielike dood van hul dogter in ‘n motorongeluk net buite Polokwane op Woensdag, 31 Mei.
Christel Olivier (24), dogter van Johann en Martie Olivier van Zoutpansberg Motors in Makhado (Louis Trichardt), is dood nadat sy in ‘n trompop botsing Woensdagaand sowat 15km buite die stad betrokke was. As verteenwoordiger vir Ellies Electronics was sy die dag werksaam op Louis Trichardt, waarna sy huis toe gery het. Die ongeluk het omstreeks 17:00 plaasgevind.
Christel het in 2000 by Hoërskool Louis Trichardt gematrikuleer. ‘n Roudiens is Maandag (5de) vanuit die N. G. Kerk Noord-gemeente in Polokwane gehou.
Johan en Martie het hul dank uitgespreek teenoor almal vir hul ondersteuning, oproepe en gebede.
“Ons het in ons hele lewe nog nooit so iets belewe nie. Dit is oorweldigend,” sê die egpaar. Hulle sê hulle kan nie mense uitsonder nie, want daar is net te veel.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
