

ADVERTISEMENT:

'n Verskeidenheid van pretritte sal weer vanjaar beskikbaar wees vir die kinders by die gewilde Inni-Berg Fees.
News Date: 27 July 2017
Die CVO Skool Zoutpansberg is besig om hul vere reg te skud om die sewende Inni-Berg Fees aan te bied.
Oudergewoonte sal hierdie gewilde familiefees aangebied word op die skoolterrein, langs die N1-suid net buite Louis Trichardt.
Hierdie jaar het die organiseerders besluit om te fokus op plaaslike besighede en uitstallers. “Ons wil graag ook terugploeg in die gemeenskap, want sonder die streek se ondersteuning sal ons fees nooit ‘n sukses wees nie,” het mev. Maré van der Merwe, een van die organiseerders van die fees, gesê.
Die fees se program sal hierdie Vrydag, 28 Julie, afskop om 12:00. Saterdag sal die fees om 09:00 open.
Vrydag sal die gewilde Armand Hofmeyr optree as seremoniemeester tydens die jaarlikse skoonheidskompetisie. Hierdie jaar sluit dié kompetisie ‘n kategorie in vir Mej. en Mnr. Inni-Bergfees (12 – 15 jaar en 16 – 20 jaar).
Verskeie kunstenaars sal deurlopend optree. Vrydagaand sal Armand ook optree en die verhoog deel met Pieter Koen en Charlize Berg. Saterdag kan feesgangers uitsien na Franja du Plessis, Willem Botha en Dirk van der Westhuizen, om maar net ‘n paar te noem.
Diereliefhebbers kan Saterdag uitkyk vir die troeteldier- en karakterkompetisie (babas tot 12 jaar).
Daar sal ook hope stalletjies wees en hope vermaak vir die kinders in die vorm van ‘n pretritpark. Terwyl ma die stalletjies besoek, kan pa gerus die rugby ondersteun in die fees se biertuin.
Hekfooie beloop hierdie jaar R100 per volwassene, R50 per hoër- en laerskoolkind, terwyl voorskoolse kinders gratis toegang het.
Vir enige navrae oor beskikbare uitstalruimtes of om inskrywingsvorms te bekom vir die onderskeie kompetisies, kan Maré gekontak word by tel. 072 329 1901 of per e-pos by [email protected].
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

ADVERTISEMENT:
