ADVERTISEMENT:

 

Een van vele padblokkades op die N1 wat voertuie en passasiers deursoek het tydens die afgelope week se Operasie Weerligstraal.

Oprasie Weerligstraal 'n groot sukses

 

News  Date: 09 June 2006

 

Die SAPD, in samewerking met ander verdedigingsmagte, het einde verlede week Operasie Weerligstraal in en om die Makhado (Louis Trichardt) omgewing uitgevoer, met heelwat sukses.

Die polisie-operasie het oor ‘n tydperk van vier dae gestrek en is ondersteun deur regeringsdepartemente soos Binnelandse Sake, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, Verkeer en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

Tydens die betrokke operasie is 18 padblokkades gehou, 58 groepe voetpatrollies en 20 voertuigpatrollies gedoen. Die polisie het 27 drankwinkels, banke en tweedehandse handelaars besoek.

Daar is verder ondersoek ingestel op 162 erwe en ‘n totaal van 26 485 persone is deursoek. Altesaam 232 persone se vingerafdrukke is nagegaan, waartydens een verdagte vasgetrek is.

Die polisie het verder 32 vuurwapens gekontroleer en 1 871 voertuie deursoek. Daar was selfs ‘n operasies waar daar gepoog is om gesoekte verdagtes op te spoor. Die polisie het arrestasies gemaak van misdadigers en onwettige immigrante.

Een verdagte is vir poging tot moord gearresteer, drie vir rooftogte, drie vir aanranding met die opset om ernstig te beseer, vier vir gewone aanranding, een vir diefstal, twee vir die besit van dagga en ‘n totaal van 424 onwettige immigrante is aangekeer. Behalwe vir die arrestasies is daar verder agt dagvaardigings uitgereik vir oortredings van die immigrasie wet, eienaars van agt onwettige drankwinkels is vervolg, 28 gevalle van openbare drinkery is aangespreek, een klag van onwettige dobbelary is ondersoek en 119 verkeerskaartjie is uitgereik. Vyf dagvaardigings vir oortredings van die tabakwet is ook uitgereik.

Die polisie het tydens die operasie beslag gelê op ‘n totaal van 156 634 gram dagga en 81 600 pakkies onwettige sigarette. Die optrede kom te midde van die misdaadvlaag in die omgewing en om die dorp se veiligheid te verseker. Insp. Ndwamato Vele, woordvoerder van die SAPD in Makhado, het gesê dat daar nog baie omliggende gebiede en plase is waar onwettiges geberg word en die gemeenskap moet nie huiwer om dit aan die naaste polisiekantoor te rapporteer nie.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines