ADVERTISEMENT:

 

Die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe soos dit daarna uitgesien het in November 2013. Foto: Zoutpansberger.

AfriForum eis antwoorde oor gebrekkige grensbeheer

 

News  Date: 03 August 2017

 

Die burgerregte-organisasie AfriForum het verlede week ’n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting van 2000 (die PAIA-wet) by die Departement van Binnelandse Sake ingedien oor die vervalle toestand van die grensdrade tussen Limpopo en Zimbabwe.

Die organisasie het in ‘n verklaring gesê ‘n brief is ook gerig aan prof. Hlengiwe Buhle Mkhize, Minister van Binnelandse Sake, om ‘n dringende vergadering tussen die betrokke partye te reël om sodoende ‘n oplossing te probeer vind.

Dié aksie volg nadat AfriForum ‘n grensdraadouditprojek van stapel gestuur het wat bevind het dat daar feitlik geen grensdrade meer tussen Limpopo en Zimbabwe bestaan nie. Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Limpopo, is die klein gedeelte grensdraad wat nog bestaan ook vol gate waardeur enigiemand maklik kan klim. “Die grensdraad is in ‘n baie slegte toestand en op verskeie plekke is daar geen drade meer oor nie. Mense, diere en voertuie is vry om heen en weer oor die grens te beweeg en daar is absoluut geen beheer nie,” het Grobbelaar gesê.

In die PAIA-aansoek versoek AfriForum dokumente wat die begroting vir grensdrade en die instandhouding daarvan weerspieël, asook toekomstige aksieplanne vir verbetering. “Aktiwiteite soos korrupsie, smokkelary, dieresiektes, stropery en mensehandel is van die grootste misdade wat oor die grens heen plaasvind en ‘n negatiewe invloed op sowel Suid-Afrikaners as Zimbabwiërs het. Dit kan alles toegeskryf word aan die swak toestand en instandhouding van grensdrade, en korrupsie deur weermagamptenare,” het Grobbelaar bygevoeg. “AfriForum beskou dit as ’n ernstige probleem en doen ’n beroep op die minister om die probleem met alle erns aan te spreek,” het Grobbelaar gesê.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines