ADVERTISEMENT:

 

Eduan van der Westhuizen van Louis Trichardt Hoërskool is tweede in Suid-Afrika in die Anglo American/Sowetan Young Communicators Awards 2006. Van links is mnr. Kaizer Nyatsumba (Anglo American se hoof van korporatiewe bemarking), Eduan van der Westhuizen, Onderwysminister Grace Naledi Pandor en die redakteur van die Sowetan, Thabo Leshilo.

Eduan tweede in Anglo Ameican/<i>Sowetan</i>-kompetisie

 

News  Date: 16 June 2006

 

Limpopo se provinsiale wenner van die Anglo American/ Sowetan Young Communicators Awards 2006 het tweede geëindig in die nasionale kompetisie.

Eduan van der Westhuizen, Graad 12-leerder van Hoërskool Louis Trichardt, het op 10 Junie tweede in die land gekom by die kompetisie wat vanjaar in Ubuntu Kraal in Soweto aangebied is.

Die kompetisie is gewen deur Asanda Shabangu van die Oos-Kaap. Mpumalanga se Fesiwe Nthali was derde.

Graad 11 en 12 leerders kan aan hierdie redenaarskompetisie deelneem, mits Engels nie hulle huistaal is nie. Hulle moet ‘n voorbereide toespraak oor ‘n onderwerp van hulle eie keuse lewer, asook ‘n kort onvoorbereide toespraak. Elke provinsie se onderwysdepartement selekteer sowat 12 sprekers in hul provinsie. Op 13 Mei is Eduan as die provinsiale wenner aangewys by die SAUK-gebou in Polokwane.

Anglo American en Sowetan het besluit om die nasionale kompetisie vanjaar in Soweto aan te bied om saam te val met die dertigjarige vieringe van die studente opstande in Soweto wat op 16 Junie, 1976, begin het.

Die minister van onderwys, me. Grace Naledi Pandor, was die hoofspreker by dié geleentheid. Sy het gesê dat die jong leiers van 1976 bereid was om ‘n verskil te maak.

Die redakteur van die Sowetan, mnr. Thabo Leshilo, het vertel hoedat hulle as matriekleerlinge in 1983 die onderwys in eie hande moes neem en vir mekaar klasgegee het.

Die bekende Zola 7 (Bonginkosi Dlamini) het die jongmense gaande gehad met sy reguit manier waarop hy huidige probleme in die onderwys uitgewys het.

Anglo Amreican se Hoof: Korporatiewe bemarking, mnr. Kaizer Nyatsumba, het melding gemaak van die inspirerende onderwerpe wat die nege finaliste gekies het.

“Dit wys dat Suid-Afrika se jongmense positief oor hulle toekoms is,” sê Nyatsumba.

Die gehalte van die toesprake was baie hoog. Die doel van die kompetisie is nie net om Engelse kommunikasie te bevorder nie, maar ook om leierseienskappe te ontwikkel en jongmense voor te berei vir ‘n professionele werksomgewing.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines