

ADVERTISEMENT:

News Date: 16 June 2006
Die voortslepende waterkrisis in dele van die ou dorp is besig om inwoners behoorlik die harnas in te jaag.
Van die inwoners in die omgewing van Cilliersstraat het sedert die begin van die maand nog net vyf dae lank water gehad.
“As nuwe intrekker hier wonder ek of ek nie ‘n fout gemaak het om na Louis Trichardt te kom nie,” het een inwoner opgemerk.
“Miskien moet ons elke dag almal op ‘n vragmotor laai en na die agbare munisipale bestuurder se huis toe aanry sodat hulle daar kan bad en kos maak. Miskien dan sal hulle iets doen om die probleem op te los,” het mev. Marietjie Struwig gesê. Struwig het ‘n woonstelkompleks in Cronjéstraat.
“My huurders gaan begin uittrek want daar is nie water nie. Ek dink die tyd het nou regtig aangebreek dat inwoners begin met ‘n belastingboikot. Ons hou aan om vir dienste te betaal wat ons nie kry nie” sê sy.
Soos in vorige berigte voorspel, is die waternood in dele van die ou dorp te danke aan die skade en vandalisme aan die munisipale boorgate. Koperdraad diewe het dié amper lewensnoodsaaklike infrastruktuur lamgelê. Die dorp is afhanklik van dié boorgate, aangesien amper een derde van die drinkwater daarvandaan gepomp word. Dit gebeur nie meer nie, wat veral dele van die ou dorp nadelig raak.
Maar, vra almal, wat doen die Raad om die probleem aan te spreek? Die beraamde koste verbonde aan die herstel van die boorgate beloop sowat R1 miljoen rand.
Daar is vroeg Woensdagoggend geskakel met die Raad se Direkteur Tegniese Dienste, mnr. Masindi Mapholi. Mnr. Mapholi het kortliks genoem dat die nie-werkende boorgate wel die rede is vir die waternood, maar dat ‘n kontrakteur blykbaar Dinsdag aangestel is om te begin met herstelwerk. Hy kon egter nie veel meer inligting verskaf nie, aangesien hy in ‘n vergadering was. Hy het onderneem om later meer inligting deur te gee.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
