ADVERTISEMENT:

 

Zimbabwiese vrou agter tralies oor sigarette

 

News  Date: 23 June 2006

 

‘n Zimbabwiese vrou is Maandag (19de) tot vyf maande gevangenisstraf gevonnis nadat sy skuldig bevind is op ‘n klag van smokkelhandel in sigarette.

Memory Ramamake (37) het in die plaaslike landdroshof verskyn, nadat sy op 15 Junie in die Mapangubwe Nasionale Park gevang is. Sy is deur ‘n polisiehelikopter uit die lug gesien waar sy en twee ander verdagtes besig was om deur die grens te beweeg. Die ander verdagtes het hulle sigarette neergegooi en weggehardloop.

Ramamake is betrap met 70 dose sigarette. Daar is ook ‘n verdere 180 dose sigarette in die bos gevind, wat deur die ander verdagtes neergegooi is. Die verdediging het ter versagting van haar vonnis aangevoer dat Ramamake die ma is van twee klein kinders.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines