ADVERTISEMENT:

 

Wally Schultz. 

Saak teen Schultz teruggetrek

 

News  Date: 25 August 2017

 

Die voorsitter van Louis Trichardt se AfriForum-tak, mnr. Wally Schultz (62), is weer ‘n vry man, nadat die klag van veediefstal teen hom teruggetrek is.  

Schultz het vroeër in die jaar by drie verskillende geleenthede in die Messina Landdroshof verskyn op dié aanklag. Provinsiale polisiewoordvoerder lt.kol. Moatshe Ngoepe het destyds gesê die aantygings teen Schultz het verband gehou met wildsvleis wat hy na bewering onregmatiglik sou gevat en verkoop het aan ‘n vriend. Die vleis was glo afkomstig van ‘n gemsbok wat in ‘n draadstrik gevang was en uitgesit moes word.

Ngoepe het verduidelik dat Schultz na bewering onregmatig op die betrokke plaas gewoon het waar die gemsbok gevang was. "Hy het gekom en gegaan soos wat hy wou. Hy het na bewering die vleis op 22 Februarie 2017 geneem en het die dag daarna in die hof verskyn,” het Ngoepe gesê.

Ná sy laaste hofverskyning op 15 Junie vanjaar is die saak uitgestel, omdat Schultz se regsverteenwoordiger aangedui het dat hy ‘n vertoë wil rig tot die Direkteur van Openbare Vervolging. Dit is nie duidelik of Schultz wel voortgegaan het met sy vertoë nie. Hy het wel op Donderdag, 1 Augustus, ‘n alternatiewe dispuutresolusie aangegaan met die Staat, waarin hy moes onderneem om hom te onderwerp aan sekere voorwaardes. Die hof het sy resolusie aanvaar, waarna die klag teen Schultz teruggetrek is.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines